Hartswerk Wegbreek
Fri, 27 Sept
|Mookgopong
Kom vier die vreugde van craft bier, gin, en wyn en ry fiets in die pragtige Waterberge-bosveld. Die dag word ingekleur deur heerlike musiek, kos en verskeie hartswerk/handwerk werkswinkels en uitstallers. Kinderkraal met vermaak waar kinders kan baljaar onder volwasse toesig,


Tyd & Adres
27 Sept 2024, 08:00 – 29 Sept 2024, 15:00
Mookgopong, Die Boer en Die Belg Part 4 of Rietvally 340 Rietvally, Mookgopong, 0560, South Africa
Meer Inligting
Kom vier die vreugde van craft bier, gin, en wyn in die pragtige Waterberge-bosveld. Die dag word ingekleur deur heerlike musiek, kos en verskeie hartswerk/handwerk werkswinkels en uitstallers. Kinderkraal met vermaak waar kinders kan baljaar onder volwasse toesig, is Saterdag beskikbaar.
Kaartjies op Tixsa: https://bit.ly/hartswerk2024
PROGRAMVRYDAG Spesiale Voor-fees kuier - Eksklusief vir Oorslapers
SATERDAG 5:30 Foto Safari - Jy, jou kamera, paar (nuwe) vriende… en die oggend-stilte in die bos. (koffie en beskuit van 05h00)
07:00- Fikswees is ‘n Fees (Draf/Stap deur die Bos)
07:00 - MBT Ride 50 km (Heerlike rit deur bosveld plase, vir die meer gesoute bergfietsryer. Gratis paar sokkies.)
Kaartjies
MTB Ride 5km 08:00
Pret rit vir jonk en oud, deur mooi bosveld plaas. Trek 'n snaakse kostuum aan en staan 'n kans om 'n prys te wen vir die snaakste kostuum. Medaljes vir alle deelnemers. Fietsryers kan slegs MTB Race kaartjies koop sonder fees kaartjies, maar heroorweeg, dit gaan 'n heerlike feees wees! Kosstalletjies is oop vir almal! (fietsryers sal ander kleur tag kry en die wat nie die fees verder bywoon nie, kan teen 12h00 terrein verlaat)
R 50,00
+R 1,25 ticket service fee
Sale ended